December 29, 2024

Ultimate Drive

Your FREE Motoring Publication in the Western Cape

Splinternuwe Toyota GR 86 maak sy wêreldbuiging.

Die splinternuwe Toyota GR 86 het onlangs sy wêreldbuiging gemaak. Die Gazoo Racing 86 sportmotor is die derde model in Toyota se wêreldwye GR-portefeulje en sluit hom by die GR Supra en GR Yaris aan.

Die oorspronklike GT86 is in 2012 bekendgestel en meer as 200 000 eenhede is wêreldwyd van die hand gesit. Die agterwiel-aangedrewe sportmotor was gewild as gevolg van sy prettige ry-eienskappe, wat waarskynlik nóg pretigger sal wees in die GR 86. Die motor se afmetings is byna identies aan sy voorganger, wat die nuwe model sy lae swaartepunt vir ratse hantering laat behou. Die nuweling sal na verwagting die ligste viersitplek-koepee in sy klas wees, danksy gewigsbesparende inisiatiewe soos die gebruik van aluminium vir die dak en bakpanele. Ook die enjin is nuut. Die nuwe, ligte viersilinder-bokserenjin se verplasing is tot 2,4 liter verhoog, wat beter verrigting as die 2.0-liter-eenheid in die GT86 bied. Voorlopige kragsyfers word as 173 kW en 250 Nm aangedui (onderhewe aan plaaslike bevestiging).

Die GR 86 sal na verwagting plaaslik in die eerste kwartaal van 2022 bekendgestel word.