January 1, 2025

Ultimate Drive

Your FREE Motoring Publication in the Western Cape

Foto: Joggie van Staden – African Mosaic

23ste George Oumotorskou 9 – 10 Februarie 2019

Baie spesiale voertuie neem deel aan Veteraantoer

Die 23ste George Oumotorskou, ondersteun deur Oakhurst Versekeringsmaatskappy, vind op 9 en 10 Februarie plaas, en alles is in plek vir die 18de Veteraantoer, wat Vrydag 8 Februarie plaasvind.

“Die eerste Veteraantoer van 2007 het ook, soos vanjaar, vanaf Klaarstroom vertrek,” sê Philip Kuschke, wat die toer reël.

Vanjaar se Veteraantoer word ondersteun deur AiroClassic, ‘n nuwe ontspanningsentrum digby George Lughawe, wat vroeg vanjaar amptelik open.

Tot dusver is daar 20 inskrywings van deelnemers vanoor die land. “Dit is baie moeilik om voertuie uit te sonder wat baie spesiaal is, maar  ek sou beslis die hierdie ses voertuie uitlig.”

“Dit sluit drie baie skaars eensilinder-voertuie in, naamlik die Crankhandle-klub se Harvey Metcalfe1901 Benz, wat deur Harvey Metcalf bestuur sal word, Ali van Jaarsveld se 1902 Peugeot, en Tom van der Vyver se 1904 De Dion Bouton. Dan is daar ook nog Nic Middelmann se 1907 Nordenfeld, die enigste van sy soort in die wêreld, en sy broer Richard se 1911 EMF. Peter Posniak ry met Ali van Jaarsveld se 1910 Buick.”

Volgens Kuschke is verblyf vir die 55 deelnemers in Klaarstroom bespreek. “Ons bly oor in Jeremy Witts-Hewitson se Klaarstroom Gastehuis, in die nuwe Klaarstroom Hotel en ander gemeublieerde huise in die mooie dorpie.”

Kuschke is baie opgewonde oor AiroClassic se vyfjaar-borgskap. “AiroClassics se eienaar, Jacques Wheeler, is ook entoesiasties oor klassieke voertuie, en ‘n klompie spesiale voertuie word by Airo Café naby die lughawe uitgestal. Naas lekker kos en koffie, bied AiroClassic ook boetiekbier, jenewerproeë en wyn uit die vat aan.”

Die toergroep kom Vrydag na afloop die toer van sowat 150 km vanaf Klaarstroom vir middagete by AiroClassic bymekaar. “Na middagete, sal die deelnemers onder begeleiding van die verkeersafdeling George binne ry.”

Die fokus van die Oumotorskou val vanjaar op skaars en esotiese voertuie, en die spesiale ou motors wat aan die Veteraantoer deelneem gaan beslis vir groot opwinding sorg waar dit deel vorm van die uitstalling van sowat 800 voertuie op die terrein van PW Botha Kollege in Yorkstraat.

Bespreek vooruit

Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by www.quicket.co.za op die Events-blad van die Suid-Kaap Oumotorklub se webtuiste www.scocc.co.za

Toegangsfooie

Saterdag: Volwassenes R60pp, Pensionarisse R45pp, kinders R25pp

Sondag: Volwassenes R25pp, Pensionarisse R20pp, kinders R15pp

Naweektoegang: Volwassenes R70pp, Pensionarisse R50pp, kinders R30pp

Hektye

Saterdag 9 Februarie: 07:00 – 18:00

Sondag 10 Februarie: 08:00 – 13:00

Vooraf registrasie van voertuig

Slegs voertuie wat voor 1975 vervaardig is en wat vooraf geregistreer is, mag by die George Oumotorskou uitgestal word. Registreer op die webtuiste www.scocc.co.za of kontak Klaus Oellrich by 076 764 0897 vir meer inligting oor registrasie of algemene inligting.

Voornemende stalletjiehouers kan die aansoekvorm van die webblad aflaai, of Mike van der Steen by 083 280 3653 bel vir meer inligting.

Artikel: Mimi Finestone